Thread: Welkom
View Single Post
Old Aug 6 2005, 12:30 PM   #4
Ruwin
Inactive
 
Ruwin's Avatar
 
Join Date: Jul 2005
Location: South Africa
Gender: F
Default Re: Welkom

Quote:
Originally Posted by Hans

Spreek al die mense in Suid-Afrika Afrikaans?
Dankie Hans

Ons het elf (11) amptelike tale in Suid-Afrika. Almal moet Engels verstaan. In my provinsie (Vrystaat) praat ons meestal Afrikaans. Die meeste mense wie hier woon is boere,hul werkers en dan die dorpsmense wie die boere bedien. vir my werk moet ek in vier (4) tale kommunikeer. Afrikaans en Engels baie goed en dan Zulu en Suid-Sotho moet ek kan verstaan en so 'n bietjie praat. As jy 'n atlas het soek 'n Dorp met die naam van Bethlehem. Dit is so 120 km vanaf my en my werk se hoofkantoor is daar. Ek glo nie my dorpie sal op die kaart verskyn nie

As ek praat van Mccaffrey of Pern hier kyk die mense my aan of ek mal is. Ek versprei egter die boodskap en het reeds twee vriende sover gekry om boeke by die biblioteek uit te neem.
Ruwin is offline   Reply With Quote