Re: Welkom
Ek kan glo jy sal! Persoonlik hou ek nie baie van hardeband boeke nie. As jy mooi werk kan jou sagteband boeke net so lank hou en hulle is baie goedkoper.
Waarom is dit dat Afrikaners nie baie van wetenskap fiksie dink nie? Ek weet van net een wetenskap fiksie skrywer in Afrikaans - Jan Rabie. Op skool was ek versot op sy boeke - "Die Groen Planeet", "Die Hemelblom" en "Swart Ster oor die Karoo" was gunstelinge! Helaas, engels is toe maar die "default" taal as jy wetenskap fiksie will lees.
Ruwin, ek weet nie of jy ooit "Woestynblom" gekyk het nie...
|