Thread: Welkom
View Single Post
Old Aug 8 2005, 09:39 AM   #6
Attraio
Inactive
 
Join Date: Apr 2005
Location: Sunny South Africa!
Gender: M
Default Re: Welkom

Hallo Hans en Ruwin! Wel, dis iets wat ek nooit verwag het nie, om in Afrikaans te kan post!

Anne McCaffrey se boeke word wel gelees, as jy kyk na die toestand van die boeke in die biblioteek! Soms is die waglys WEKE lank, veral vir die nuwes. Nie dat enigiemand sal ERKEN dat hulle Wetenskap Fiksie of Fantasie lees nie. Haar boeke verdwyn ook redelik vinnig van die rakke af. Hier in Gauteng in elk geval. Dieselfde geld nie in Potchefstroom nie...Studente gee voor hulle het beter dinge om te doen...

Hans, ook hier in Potch praat mense meestal Afrikaans. Tot my spyt moet ek erken dat ek slegs Afrikaans en Engels magtig is. Van my familie in die Limpopo Provinsie kan Venda en Shangaan praat.

Dis wonderlik om in Afrikaans/Nederlands te kan gesels!
Attraio is offline   Reply With Quote